top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse polisiekonstabel is in die hof oor beweerde omkoopgeld

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 21
1 min read

‘n Vrystaatse polisiekonstabel het in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en regsverydeling.


Nkosana Mkhwanazi, verbonde aan die Welkom-voertuigmisdaadondersoekeenheid, is in hegtenis geneem nadat hy glo R1 500 en ‘n identiteitsdokument van ‘n voertuigeienaar geneem het om die vrystelling van ‘n voertuig te verseker.


Sy bevelvoerder het geweier om die vrystelling te magtig omdat die ondersoek onvolledig was.


Die Teen-Korrupsie-eenheid het die saak ondersoek.


Mkhwanazi bly in aanhouding en sal op 27 Augustus na die hof terugkeer vir ‘n borgtogaansoek.


Ter illustrasie. FOTO: Weet
Ter illustrasie. FOTO: Weet

 
 
 

Comments


bottom of page