top of page

‘n Vrystaatse tiener is vir sy gesin se moord gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

’n Vrystaatse 18-jarige seun is vir die moord op sy ma, stiefpa en vyfjarige broer in die Harrismith-hooggeregshof tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Nuusflits berig polisie het op die moorde afgekom nadat die tienerseun verlede jaar Januarie in besit van ‘n vuurwapen gevind is terwyl hy sy stiefpa se voertuig bestuur het. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, is die moordwapens, ‘n bebloede byl en tuinvurk bo-op ‘n klerekas tydens ‘n soektog gevind. Die saak teen die tiener, wat aangekla is van moord, aanranding, diefstal asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, is deur die provinsiale moord-en-roofeenheid ondersoek, wat in samewerking met die nasionale vervolgingsgesag die beskuldigde aangekla het.

 
 
 

Comments


bottom of page