'n VS burgemeester is ná 'n mosie van wantroue onthef
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 27
- 1 min read
Die burgemeester van Maluti-A-Phofung in die Vrystaat, Malekula Melato, is deur ’n mosie van wantroue uit haar amp verwyder.
SABC News berig ’n verklaring deur die munisipaliteit se kommunikasie-eenheid sê dat 30 raadslede ten gunste van die mosie gestem het en niemand daarteen nie.
Melato se verwydering het plaasgevind tydens ’n raadsitting wat deur geweld en rondvlieënde stoele ontsier is, nadat haar onsuksesvolle Hooggeregshof-aansoek om die raad te verhoed om haar uit te stem, misluk het.
Paratlane Motloung van die MAP16 Civic Movement is as die nuwe burgemeester verkies.








Comments