top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Beskuldigdes in die Boeremag-verhoor se regte is geskend

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 8 hours ago
  • 1 min read

Die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekomitee het bevind dat die langlopende  Boeremag-verhoor die regte van sommige beskuldigdes geskend het.


Die 11 jaar lange saak het onder meer gehandel oor een van die beskuldigde en sy twee seuns, wat in 2013 skuldig bevind is aan hoogverraad, terrorisme en sabotasie.


Die drie is gevonnis vir die beplanning van ’n moord op voormalige president, Nelson Mandela, asook ’n poging om Suid-Afrika se eerste demokraties verkose regering omver te werp.


Volgens die VN-liggaam het die mans genoegsame bewyse gelewer dat hul reg op ’n billike verhoor in verskeie opsigte geskend is.


Berigte dui daarop dat die besluit geneem is nadat die Suid-Afrikaanse regering nie gereageer het op kernbewerings oor die hantering van die Boeremag-vervolging nie.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page