‘n VS munisipaliteit het nog nie hul ooreenkoms met Eskom aangegaan nie

Sekere munisipaliteite, insluitend die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat, het nog net tot Dinsdag om verspreidingsooreenkomste met Eskom te finaliseer, anders kan hulle moontlik met onderbrekings in hul elektrisiteitstoevoer te doen kry.
Volgens Nasionale Tesourie het nie een van die 14 munisipaliteite nog ’n Distribution Agency Agreement (DAA) met Eskom gefinaliseer nie. Dit laat groot onsekerheid oor die toekoms van elektrisiteitstoevoer in hierdie dorpe.
Moneyweb berig 'n werkgroep sou ’n standaardkontrak ontwikkel wat minder ten gunste van Eskom is, maar dit het nog nie gebeur nie.
Volgens ’n DA-raadslid in die Masilonyana-munisipaliteit, Marieta Visser, is geen vordering gemaak met die regsproses wat die DAA in daardie munisipaliteit moet voorafgaan nie. Daar is tans ’n administrateur in die munisipaliteit, terwyl beide die munisipale bestuurder en finansiële hoof geskors is. Hulle betwis hul skorsings in die hof.
Munisipale werkers staak sedert middel Junie, vullis hoop op en daar is geen water uit die krane nie.
Salga het Nasionale Tesourie voorheen namens die munisipaliteite gevra om die sperdatum vir die finalisering van DAAs met ses maande te verleng.








Comments