‘n VS veespekulant se appèlaansoek teen sy moord-skuldigbevinding is afgekeur

7 days ago
1 min read
’n Appèlaansoek deur 'n veespekulant teen sy skuldigbevinding op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer, is in die appèlhof in Bloemfontein van die hand gewys.
Rudi Gericke is in 2024 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op Evan Sorour in Januarie 2023.
Netwerk24 berig Gericke het in sy appèlaansoek aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het.
Appèlregter Phillip Coppin sê as die aanvaller kon Gericke hom nie op hierdie selfverdediging beroep nie. Deur verskeie kere op Sorour te skiet, het hy homself nie teen ’n onwettige aanranding verdedig nie, maar vergelding gepleeg teen Sorour se wettige weerstand teen Gericke se onwettige aanval.










Comments