top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS vlieënier is verlam ná 'n ongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die vlieënier wat in ’n helikopterongeluk net buite Bethulie in die Vrystaat betrokke was, is van die heupe af ondertoe verlam. ’n Nabye familielid het aan Netwerk24 gesê dat dit onder die omstandighede goed gaan met Nelius Steyl.


Rosestad-nuus het vroeër berig drie mans is ernstig beseer nadat hul helikopter neergestort het en hulle per lugambulanse na Mediclinic Bloemfontein vervoer is. ’n Derde pasiënt is later ook per lug na die stad gebring.


Volgens ’n paramedikus van ER24 in Bloemfontein, Retha van Vliet, het die mans onder meer beenbreuke opgedoen. Hulle was glo besig om diere op ’n wildplaas te tel toe die ongeluk plaasgevind het.


Die oorsaak van die ongeluk is steeds nie bekend nie, en so ook nie die name van die ander passasiers nie.


Lugambulanse land in Bloemfontein. FOTO: Bloemnuus
Lugambulanse land in Bloemfontein. FOTO: Bloemnuus

 
 
 

Comments


bottom of page