Lugambulanse red pasiënte ná ‘n helikopterongeluk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Drie mans is ernstig beseer nadat ’n helikopter buite Bethulie in die Vrystaat neergestort het.
Volgens Bloemnuus is die pasiënte ná die ongeluk op ’n plaas met twee lugambulanse na Mediclinic Bloemfontein vervoer.
ER24 en Rocket HEMS het saamgewerk om vinnig op die toneel te reageer, met twee helikopters wat sowat ’n uur later geland het om die beseerdes te vervoer.
Die eerste helikopter het kort voor middag in Bloemfontein geland, gevolg deur ’n tweede by St Andrew-skool, waar ambulanse gereed gestaan het.
’n Derde pasiënt is later ook per lug na die stad gebring.
Die hoof van Mediclinic Bloemfontein se noodgevalle-afdeling, Dr. Ilse Fourie, sê dit is die eerste keer dat twee helikopters gelyktydig met pasiënte daar land, en beskryf die samewerking tussen nooddienste as uitstaande.








Comments