top of page

'n Welkomse prokureur kry drie keer lewenslange tronkstraf

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die veroordeelde verkragter Jan Gysbert Maritz is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis.


Martiz, ‘n bekende prokureur van Welkom, het in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn vir vonnisoplegging nadat hy talle pogings aangewend het om dit uit te stel.


Bloemnuus berig Maritz het vroeër op 18 aanklagte ingevolge die Wysigingswet op die Strafwet oor Seksuele Oortredings en Verwante Aangeleenthede, asook ‘n bykomende aanklag van aanranding, terreggestaan. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.


Die hof het verder gelas dat Maritz se naam in die register vir seksuele oortreders geplaas word en hy is ongeskik verklaar om met kinders te werk.


Jan Maritz. FOTO: Netwerk24
Jan Maritz. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page