‘n Welkom-prokureur se borgtogaansoek word nou in Bloemfontein aangehoor
- Nadia Pieters
- 4 days ago
- 1 min read
Die formele borgtogverrigtinge van ‘n Welkom-prokureur, Jan Maritz, is tot volgende week uitgestel, en sal in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word.
Volgens Nova News is hy na Maandag se verhoor in aanhouding geplaas en het die nag in die Welkom-selle deurgebring hangende sy vervoer na die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein.
Maritz is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die Wet op Regspraktyk waarby sowat R15 miljoen betrokke is.
Hy is vroeër op 16 ander aanklagte, insluitend verkragting, skuldig bevind en moet eersdaags ook in die Hooggeregshof in Bloemfontein vir vonnisoplegging verskyn.

Comments