Namibiërs se oorskot word ná 100 jaar gerepatrieer

Die oorskot van 84 Namibiërs, asook twee vryheidsvegters, word ná ‘n dekade lange soektog na hul grafte gerepatrieer.
EWN berig die oorskot is meer as 100 jaar gelede oneties uit Namibië geneem vir menslike eksperimente, waartydens hul skedels en breine met dié van ander rasse vergelyk en gemeet is. Dit is tydens die koloniale tydperk as deel van hoofstroomwetenskap beskou.
Die oorskot is na instellings soos museums en universiteite gestuur. Die oorskot is onder andere by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad in die Wes-Kaap bewaar.
Die vryheidsvegters Festus Nehale en Simon Niilenge is op Robbeneiland oorlede, en hul oorskot is destyds uit begraafplase in Kaapstad opgegrawe. Hulle is weer hier begrawe.
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die repatriasie is versnel onder president Cyril Ramaphosa se instruksies.









Comments