Navorsingsbefondsing uit die VSA is nou weer aan SA beskikbaar gestel

Aug 21
1 min read
Die Verenigde State van Amerika se Nasionale Instituut vir Gesondheid het sy verbod op die befondsing van nuwe wetenskaplike navorsing in Suid-Afrika opgehef.
Volgens die tydskrif Science maak dit die moontlikheid oop dat die VSA weer navorsingsprojekte in Suid-Afrika kan befonds.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het verlede jaar omvattende befondsingsbeperkings teen Suid-Afrika ingestel.
Die opheffing van die verbod word beskou as ’n betekenisvolle verbetering in betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika.









Comments