top of page

NETBAL: Die Gauteng Fireballs as die Telkom Nasionale Netbal-liga kampioen gekroon

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Die Gauteng Fireballs is vir die tweede keer as die Nasionale Netbal-liga Afdeling Een kampioen gekroon nadat hulle die verdedigende kampioen die Vrystaat Crinums in die eindstryd met 47 – 40 by die Durban Internasionale Konvensie Sentrum geklop het. Die Fireballs is ook die enigste onoorwonne span die seisoen en vir die afrigter Dr. Elsje Jordaan is die oorwinning baie spesiaal. Sy het bygevoeg dat die meisies se konsekwentheid in hul spel die deurslag bewerkstellig het vir die eerste plek op die podium. In Afdeling Twee het die KZN Kingdom Stars hulle tweede agtereenvolgende titel gewen toe hulle die Tornados met 43 – 33 uitgestof het.

 
 
 

Comments


bottom of page