top of page

NETBAL: Die Proteas laat hul tuisskare juig teen Engeland

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Proteas het tuisvoordeel benut en Engeland Donderdag met 52–48 in die Netbal Spar Challenge in Johannesburg geklop.


Rolene Streutker was skitterend onder die doelpaal, maar dit was die rotsvaste verdediging van Sanmarie Visser en haar spanmaats wat die deurslag gegee het, selfs toe Engeland in die derde kwart sterk teruggeslaan het.


Afrigter, Jenny van Dyk, het erken dat die Proteas nie goed genoeg by die Rose se spel aangepas het nie, maar het haar spelers geloof vir hul veggees, spel-insig en vasberadenheid tot die eindfluitjie.


Met nog twee wedstryde wat voorlê, is die reeks nog oop, maar dié oorwinning het ‘n stewige grondslag gelê vir ‘n moontlike Protea-reeksoorwinning.


Ter illustrasie. FOTO: Sky Sports
Ter illustrasie. FOTO: Sky Sports

 
 
 

Comments


bottom of page