top of page

NETBAL: Die Varsitybeker-reeks belowe weer vir topklas aksie wanneer die 2025 seisoen afgooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 14, 2025
  • 1 min read

Die 2025 Varsitybeker-reeks belowe om weereens die vertoonvenster van die beste netbal spelers op tersiëre vlak te wees wanneer die nuwe seisoen op die 24ste Augustus gaan afgooi. Volgens Varsity Sports se netbal bestuurder Anouschka Swart bied hierdié kompetisie die perfekte platform vir jong opkomende sterre wat vir hulself naam kan maak vir toekomstige insluiting in die Protea groep. Die agt spanne wat sal meeding is die verdedigende kampioen die Kovsies, die naaswenners UJ , Maties, Noord-Wes Universiteit, Tukkies, Madibaz, Wits en die Varsity Kollege wat die Tshwane Universiteit van Tegnologie in die topliga vervang. Kovsies begin hulle veldtog teen Wits in die Coetzenburg Sentrum om 19:00. Al die wedstryde word regstreeks op SuperSport  uitgesaai.

 
 
 

Comments


bottom of page