NETBAL: Maties verdien belangrike wen oor Tuks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 17, 2024
- 1 min read
Die Maties netbalspan het nog ‘n kans om te vorder na die halfeindrondes van die Varsitybeker Netbalreeks na ‘n oorwinning oor Tuks in Pretoria gisteraand. Die Stellenbossers verdien ‘n 55-48 oorwinning, slegs hulle derde van die seisoen, en sit nou in die vierde plek op die punteleer. Die Noordwes-Universiteit het intussen met 39-64 vasgeval teen die Universiteit Johannesburg. Wits gee vir die Tshwane Universiteit vir Tegnologie pakslae met 86-24 en Kovsies slag die Madibaz met 79-26. Daar is nog twee rondes wat wag voor die uitspeelrondes begin, met die volgende wedstryde wat Sondag in Bloemfontein beslis word.






Comments