top of page

NETBAL: Proteas stel groep vir Engeland-reeks bekend

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 22
  • 1 min read

Suid-Afrika se netbalkeurders het ná ’n oefenkamp ’n groep van 15 spelers aangekondig vir die komende drie-toets reeks teen Engeland in Johannesburg.


Khanyisa Chawane is as kaptein aangestel en bekende name soos Elmeré van der Berg, Sanmarie Visser, Tarle Mathe en die veelsydige, Tinita van Dyk, is in die groep ingesluit.


Die hoofafrigter, Jenny van Dyk, sê die fokus is op die toekoms en die bou van diepte met die oog op die 2027 Wêreldbeker, terwyl sy beklemtoon dat die reeks van groot belang is voor die Statebondspele.


Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page