top of page

NETBAL: Suid-Afrika het Engeland getroef en die reeks met 2–1 in Johannesburg gewen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die Proteas het hul woorde met dade gestaaf deur Engeland met 65–50 in Johannesburg te klop en sodoende die reeks met 2–1 te wen.


Suid-Afrika het vroeg beheer geneem met ’n 16–9-voorsprong in die eerste kwart, en ondanks ’n oplewing deur die Rose in die derde kwart, het die tuisspan genoeg gedoen om die oorwinning te verseker.


Elmeré van der Berg en Owethu Ngubane was uitmuntend in die doelsirkel en Sanmarie Visser het weer op verdediging uitgeblink.


SPAR Proteas. FOTO: Netball South Africa
SPAR Proteas. FOTO: Netball South Africa

Comments


bottom of page