top of page

NETBAL: Tuks val vas teen NWU

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 10, 2024
  • 1 min read

Die verdedigende kampioene van die Varsitybeker Netbal-reeks, die Tuks, het hulle eerste nederlaag gely.

Die Tuks het teen ‘n begeesterde span van die Noordwes-Universiteit te staan gekom in Gqeberha, met die Noordwes-dames wat met 62-61 kon seëvier.

Die Maties het intussen met 56-45 vasgeval teen die Kovsies en die Universiteit van Johannesburg het vir Wits met 59-42 verslaan.

Die reeks hervat Maandag in Pretoria by die Tuks-kampus.

 
 
 

Comments


bottom of page