Nog ‘n slagoffer is in Ekurhuleni ontdek

Sep 17
1 min read
Die polisie het Donderdagoggend die liggaam van nog ’n vrou in Dawn Park in Ekurhuleni ontdek. Die vrou se liggaam is halfnaak en in ’n laken toegedraai langs die pad gevind.
eNCA berig ondersoekbeamptes probeer vasstel wat haar identiteit is en wat die omstandighede rondom haar dood was.
Die ontdekking volg ná die sterftes van agt ander vroue wie se liggame die afgelope twee maande op verskeie plekke in Ekurhuleni gevind is.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n multidissiplinêre span saamgestel om die sterftes te ondersoek.
Rosestad-nuus het vroeër berig president Cyril Ramaphosa het die moorde in Kempton Park 'n nasionale krisis verklaar.








Comments