Nog twee sluise by die Vaaldam is nou toe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die Departement van Water en Sanitasie het nog twee sluise by die Vaaldam gesluit om uitvloei te verminder namate waterinvloei in die dam afneem.
By die Bloemhofdam word uitvloei op 1 400 kubieke meter per sekonde gehandhaaf, nadat dit Maandagoggend verhoog is.
Die departement sê hierdie beheerde vrystellings is bedoel om waterinvloei en -uitvloei in die damme veilig te reguleer terwyl die integriteit van die belangrikste waterinfrastruktuur verseker word.



Comments