Vaaldam se sluise bly oop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 28
- 1 min read
Die Departement van Water en Sanitasie sê die sluise by die Vaaldam sal oop bly.
Die departement het hierdie week nog sluise oopgemaak ná swaar stortreën. Dit sê die Vaaldam is op 106,8%, en Bloemhof op byna 98%, ná volgehoue reënval.
Die departement se Wisane Mavasa waarsku dat stygende watervlakke oorstromings kan veroorsaak en laagliggende gebiede stroomaf kan beïnvloed. Mavasa sê gemeenskappe, veral boere langs die Vaalrivier, word aangespoor om toerusting te beveilig, vee na hoër grond te verskuif en watervlakke te monitor.
LUISTER:
Wisane Mavasa




Comments