top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog verdoemende inligting teen is McKenzie ingedien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4
1 min read

Nóg verdoemende inligting is by die Openbare Beskermer ingedien om die ondersoek na die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, aan te vul.


Die OB ondersoek tans of McKenzie sy amps-eed oortree het deur sy binnekring en party, die PA, te bevoordeel.


Maroela Media berig die DA glo die OB het nou uiteindelik bewyse om die individue te ondersoek wat blykbaar bande met die PA het én voordeel uit belastingbetalersgeld trek.


Volgens die DA se Leah Potgieter is aanvullende bewyse Donderdag aan die OB verskaf oor McKenzie se aanstelling van PA-lede op die 2025-’26 Mzansi Golden Economy-beoordelingspaneel, asook McKenzie en sy afvaardiging se Fifa-Wêreldbekerreis van R31 miljoen.


Die DA het aanvanklik in Julie vanjaar ʼn klag by die OB teen McKenzie ingedien en gevra dat klagtes van onder meer beweerde wanadministrasie, magsmisbruik, onbehoorlike bevoordeling en ʼn moontlike botsing van belange ondersoek word.


Gayton McKenzie. FOTO: ActionSA
Gayton McKenzie. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page