top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Noord-Korea het moontlik 120 kernplofkoppe

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Aug 20
1 min read

Daar word beraam dat Noord-Korea tussen 80 en 120 kernplofkoppe besit. Dit is volgens Suid-Korea se minister van verdediging, Ahn Gyu-back.


Reuters berig dat hierdie syfer aansienlik hoër is as die 57 kernwapens wat onlangs deur die Amerikaanse president, Donald Trump, genoem is.


Ahn sê die raming is afkomstig van private navorsingsorganisasies en kan nie amptelik deur Suid-Korea se weermag bevestig word nie. Hy het aan wetgewers gesê dat Suid-Korea op die Amerikaanse kernskild sal voortbou en nie kernwapens sal ontwikkel nie.


Sy opmerkings kom terwyl Trump poog om samesprekings met die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, te hervat.


Ter illustrasie. FOTO: The Guardian
Ter illustrasie. FOTO: The Guardian

 
 
 

Comments


bottom of page