NUMSA eis 'n reuse-loonverhoging vir Eskom-werkers
- Ilde Roos

- Oct 8
- 1 min read
Die mynwerkersvakbond NUMSA eis ’n 15% loonverhoging vir sy 15 000 lede by Eskom. Dit is vooruitlopend op salarisonderhandelinge met die kragvoorsiener.
Moneyweb berig dié eis is meer as vier keer die inflasiekoers van 3,3%, en dit volg nadat Eskom sy eerste wins in agt jaar aangekondig het.
Eskom sê dit sal nie oor spesifieke eise kommentaar lewer voordat onderhandelinge begin nie, maar bly verbind tot konstruktiewe gesprekke.
Die vakbond waarsku dat Eskom se plan om onderhandelinge te desentraliseer vakbonde kan verswak.




Comments