Eskom is vir die eerste keer in agt jaar weer winsgewend
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
Die finansiële posisie van Eskom, wat vir die eerste keer in agt jaar weer winsgewend is, wys op die waarde van goeie vennootskappe.
Volgens president Cyril Ramaphosa maak die verbeterde finansiële posisie nou ook meer beleggings moontlik.
Volgens Maroela Media stel Eskom se verbeterde finansiële posisie die maatskappy in staat om in ooreenstemming met die opwekkingsherstelplan in infrastruktuur en instandhouding te belê.
Volgens Ramaphosa is daar planne om meer as R320 miljard te belê om bestaande infrastruktuur uit te brei.
Hy sê danksy die samewerking tussen verskillende staatsdepartemente, die leiding van die nasionale elektrisiteitskrisiskomitee en die harde werk van Eskom se leierskap en personeel, is Eskom besig om te verbeter.

Comments