Nuwe invoerheffings word op Chinese motorruite ingestel

Sep 10
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, oftewel SAID, stel nuwe teenstortingsregte op Chinese vervangingswindskerms in. Dit volg nadat ondersoek ingestel is na pogings om bestaande handelsmaatreëls te omseil.
Volgens eNCA het die Internasionale Handelsadministrasiekommissie, oftewel ITAC, bevind dat sommige invoerders tarief- en landroetes gebruik het om die toepaslike heffings te vermy.
Een van die roetes was om Chinese windskerms via Maleisië na Suid-Afrika te stuur voordat dit die plaaslike mark bereik het.
ITAC het bevind dié invoerpraktyke benadeel plaaslike vervaardigers en het aanbeveel dat die teenstortingsmaatreëls uitgebrei word.
Die nuwe heffings wissel van 13% tot 129%, afhangend van die uitvoerder.








Comments