Nóg ‘n tornado woed in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25, 2025
- 1 min read
‘n Paar weke nadat ‘n tornado in Harrismith bevestig is, is nóg ‘n tornado – die keer in Heilbron, afgeneem.
Parys Gazette berig volgens Vrystater, Tanya van Rooyen het sy gestop om stormagtige wolke af te neem.
Dis toe dat sy die punt sien vorm, maar het nie gedink dis ‘n tornado nie. Sy sê al wat sy kon hoor was sterk wind en swaar donderweer.
Tanya sê sy het gister net ‘n paar sekondes afgeneem voordat die storm bo-oor hulle getrek het.
Sy konnie sien waar die tornado gaan nie maar het wel gesien hoe ‘n paar sinkplate in die veld opgetel en rondgewaai is.
Intussen is daar is vir die res van die week reën vir die Vrystaat voorspel, met donderstorms veral in die oostelike dele van die provinsie.





Comments