Daar was toe regtig ‘n tornado in Harrismith
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 11
- 1 min read
Die span van Highland Farms naby Harrismith in die Oos-Vrystaat was besig om mielies op die plaas Maedersdeel te plant toe 'n tornado begin woed het.
African Farming berig Ruben van Niekerk, wat saam met sy pa Jacques boer, het die tornado op video vasgevang en vinnig daarna vertrek.
Intussen het die video wydverspreide aandag regoor die land getrek - met baie wat skepties was en dit KI-gegeneer genoem het.
The South African berig die gebeurtenis is egter sedertdien as eg bevestig.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die tornado deur ‘n meteoroloog geverifieer en bevestig dat die stelsel oor die naweek naby Harrismith ontwikkel het.






Comments