top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

O’Sullivan moet in persoon getuig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 20
1 min read

Die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek het die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, se versoek om virtueel getuienis af te lê verwerp.


O’Sullivan het aan die einde van verlede jaar aan die komitee geskryf en geëis om virtueel eerder as in-persoon te verskyn omdat hy vir sy veiligheid gevrees het.


Die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, sê die komitee sal nou werk aan die uitreiking van ʼn dagvaarding om O’Sullivan te dwing om te verskyn voordat hy by die getuieprogram gevoeg word.


Paul O'Sullivan. FOTO: Facebook
Paul O'Sullivan. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page