O’Sullivan moet in persoon getuig
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 20
- 1 min read
Die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek het die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, se versoek om virtueel getuienis af te lê verwerp.
O’Sullivan het aan die einde van verlede jaar aan die komitee geskryf en geëis om virtueel eerder as in-persoon te verskyn omdat hy vir sy veiligheid gevrees het.
Die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, sê die komitee sal nou werk aan die uitreiking van ʼn dagvaarding om O’Sullivan te dwing om te verskyn voordat hy by die getuieprogram gevoeg word.






Comments