top of page

'n Forensiese ondersoeker wil uit vrees vir sy lewe nie in persoon getuig nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 12
  • 1 min read

Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, weier om persoonlik voor die parlement se ad hoc komitee te verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek.


Volgens berigte het hy aansoek gedoen om weens veiligheidsredes virtueel te verskyn. Hy beweer dat die getuienis van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, sy lewe in gevaar gestel het.


O’Sullivan is een van die getuies wat na verwagting sal getuig voordat die komitee volgende maand sy werk afsluit.


Mkhwanazi het die forensiese ondersoeker daarvan beskuldig dat hy te veel invloed in die strafregstelsel het.



Paul O'Sullivan. FOTO: X
Paul O'Sullivan. FOTO: X



Comments


bottom of page