O’Sullivan ontken weereens dat hy ‘n buitelandse agent is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 26
- 1 min read
Privaat forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan sê die herhaalde bewering dat hy ‘n buitelandse agent is, is vals en oneerlik.
Newskoop berig O’Sullivan het vandag teruggekeer na die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek. Hy hou vol dat hy nog nooit ‘n buitelandse spioen was nie en sê dat hy die eed van trou aan Suid-Afrika afgelê het toe hy in 1995 ‘n burger geword het.
Volgens O’Sullivan kom die spioenasie-aanspraak elke paar jaar op. Hy het aan die komitee gesê dat die narratief die eerste keer in 2007 na vore gekom het tydens ‘n vergadering tussen voormalige president Thabo Mbeki en godsdienstige leiers.
LUISTER HIER:
Intussen berig EWN die verhoor is kortgeknip toe O'Sullivan uit die komitee geloop het. Hy het gesê hy is haastig om 'n vlug te haal.





Comments