top of page

O'Sullivan weier steeds om in persoon te getuig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 24
  • 1 min read

Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het dit duidelik gemaak dat hy nie persoonlik sal getuig voor die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek nie.


O’Sullivan, wat tans in die buiteland is, het die komitee per brief in kennis gestel dat hy eerder by ‘n Suid-Afrikaanse ambassade sal getuig. Dit kom nadat die komitee besluit het om O’Sullivan te dagvaar om sy fisiese verskyning af te dwing. Hy wou aanvanklik virtueel verskyn.


Hulle was in ‘n stryd nadat komiteelede O’Sullivan van ernstige minagting vir die parlement beskuldig het. O’Sullivan het na bewering komiteelede misdadigers genoem en bygevoeg dat hy nie lede van sekere politieke partye tydens verrigtinge sal erken nie.


Paul O'Sullivan. FOTO: X
Paul O'Sullivan. FOTO: X

Comments


bottom of page