OGGEND SPORT: Die Bokke is tevrede, Kapp dryf die Proteas tot 'n oorwinning en die VSA het hul plek in die uitklopfases verseker
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 22
- 1 min read
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbokke en SA ‘A’-span het oortuigende oorwinnings oor onderskeidelik die Barbarians en Zimbabwe behaal, maar afrigters, Rassie Erasmus en Mzwandile Stick, het beklemtoon dat beduidende verbetering steeds nodig is voor die Nasieskampioenskap.
Intussen het Embrose Papier en Herschel Jantjies teruggekeer vir Julie se toetse teen Engeland, Skotland en Wallis, hoewel Sacha Feinberg-Mngomezulu mik na ‘n terugkeer van besering vir die All Blacks-kragmetings later vanjaar.
In krieket-nuus: Marizanne Kapp het 81 lopies van slegs 45 balle behaal toe Suid-Afrika vir Indië met ses paaltjies geklop het met vyf balle oor, wat hul IKR Vroue T20 Wêreldbeker-uitspeelhoop lewend hou.
Die uitslag sien Suid-Afrika gelyk beweeg met Indië op punte in hul groep, met wedstryde teen Bangladesj en Nederland wat nog voorlê.
En, in sokker-nuus: Die Verenigde State van Amerika het hul plek in die uitklopfases van die FIFA Wêreldbeker 2026 verseker met een wedstryd oor, na ‘n oortuigende oorwinning oor Australië.
Vir meer oor hierdie en ander sokkernuus van die naweek skakel ons oor na ons korrespondent…
LUISTER HIER:








Comments