OGGEND SPORT: Die Cheetahs verseker ‘n tuis-halfeindstryd, Erasmus glo die Bokke sal terugveg, en Norris wen die Nederlandse Grand Prix
- Saamgestel deur Jana Roos

- Aug 24
- 2 min read
Ons skop af met rugby: Die Suzuki Griekwas en Toyota Cheetahs het tuisvoordeel in die halfeindstryde van die 2026 Carling Curriebeker-premierafdeling verseker nadat albei in die voorlaaste ronde geseëvier het.
Die Griekwas het die Pumas met 38-14 geklop en die Cheetahs het Boland met 33-24 verslaan. Stormers XXIII het hul hoop lewendig gehou met ‘n oorwinning van 50-26 oor die Bulls XV, terwyl die Sharks XV en Lions in Pietermaritzburg 22-22 gelykop in ‘n vermaaklike wedstryd gespeel het .
In die laaste ligaronde kom die Lions Vrydag teen Stormers XXIII te staan en speel Sharks XV teen Bulls XV, gevolg deur die Pumas teen die Cheetahs op Saterdag en Boland teen die Griekwas op Sondag, terwyl daar nog besluit moet word oor watter twee spanne boaan sal eindig.
Rassie Erasmus het Nieu-Seeland se verdediging geprys nadat die Springbokke met 33-16 deur die All Blacks geklop is in die openingswedstryd van die Rugby’s Greatest Rivalry-toets en dit ten spyte daarvan dat Suid-Afrika teen rustyd met 13-12 voorgeloop het.
Die Bokke het vir lang tye gebiedsvoordeel en besit oorheers, veral binne die All Blacks se 22-metergebied, maar het gesukkel om hul kanse in punte te omskep.
Erasmus het na vorige terugslae verwys as bewys dat die Springbokke kan herstel.
LUISTER HIER:
En in motorsport-nuus: Lando Norris van McLaren het die Nederlandse Grand Prix op Zandvoort gewen in 'n dramatiese wedren waarin die plaaslike gunsteling, Max Verstappen, reeds op die eerste ronde uitgeskakel is.
Volgens Reuters het Norris sy tweede agtereenvolgende oorwinning behaal nadat hy ná 'n herbegin die Mercedes-jaer Kimi Antonelli moes inhaal om weer die voortou te neem. Antonelli het tweede geëindig, terwyl sy spanmaat George Russell die podium in die derde plek voltooi het.
Verstappen se wedren het vroeg tot 'n einde gekom toe hy beheer oor sy Red Bull verloor en hard teen die muur gebots het. Hy was ongedeerd, maar die ongeluk het 'n rooi vlag en 'n herbegin veroorsaak.







Comments