top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights mik na ‘n eerste Pro20-oorwinning, SA stel belang in die 2036-Spele en, Djokovic wen ‘n rekord- sewende China Ope-tite

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Oct 7
2 min read

Updated: Oct 8

Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights is vanaand weer in aksie in die YesPlay Pro20 Cup: Hulle pak die Tuskers om sesuur by die Mangaung Oval in Bloemfontein.


Die Flexbrands Knights sal vasberade wees om hul eerste oorwinning van die kompetisie te behaal nadat hulle al drie hul vorige wedstryde verloor het.


Hul laaste wedstryd het in ’n swaar nederlaag geëindig toe die Titans hulle verlede Vrydag met 124 lopies geklop het. Die Titans het 267 vir drie aangeteken, met Lhuan-dre Pretorius wat ’n wêreldrekord van 188 lopies van net 79 balle geslaan het. Die Flexbrands Knights kon daarna slegs 143 lopies aanteken, met Gihahn Cloete en Jacques Snyman wat die belangrikste bydraes met die kolf gelewer het.


Teenoor hulle staan ’n Tuskers-span wat ook nog net een oorwinning in die kompetisie behaal het. Tuskers het hul vorige wedstryd teen die Mpumalanga Rhinos met 17 lopies verloor.

 

In Olimpiese spele-nuus: Suid-Afrika, Indië en Katar is onder die sewe lande wat bevestig het dat hulle belangstel om die Olimpiese Somerspele van 2036 aan te bied, tesame met Duitsland, Hongarye, Turkye en Suid-Korea.


Ander lande het tot 31 Oktober om hul belangstelling aan te dui, met die internasionale olimpiese kommittee se uitvoerende raad wat in Maart 2027 'n kortlys sal opstel voordat samesprekings met die kandidate gevoer word. Die gasheerlande sal beoordeel word op grond van faktore soos finansiering en politieke sowel as openbare steun, terwyl die olipiese kommittee-president, Kirsty Coventry, sê dat atlete die kern van die Spele moet bly en hul ervaring die prioriteit moet wees.


Suid-Afrika het nog nooit die Olimpiese Spele aangebied nie, terwyl Indië sy eerste Spele in Ahmedabad wil aanbied.


Die die Olimpiese Spele van 2028 sal in Los Angeles plaasvind, waarna Brisbane die 2032-uitgawe sal aanbied.

 

En, in tennis-nuus: Novak Djokovic het sy rekord verleng tot sewe China Ope-titels nadat Alex de Minaur weens 'n besering tydens hul eindstryd in Beijing onttrek het.


Djokovic het die eerste stel met 7-6 gewen, maar nadat albei spelers mediese behandeling ontvang het, het De Minaur met swaar verbande om sy linkerdy ​​teruggekeer, en het egter onttrek nadat hy die eerste pot van die tweede stel gewen het.


Die 39-jarige sê die titel het sy hoop versterk om vir die ATP Finals in Turyn te kwalifiseer, aangesien Djokovic nou na die negende plek op die regstreekse ranglys opgeskuif het ná 'n seisoen wat deur fisieke en gesondheidsprobleme ontwrig is.


Die Flexbrands Knights sal vasberade wees om hul eerste oorwinning van die kompetisie te behaal nadat hulle al drie hul vorige wedstryde verloor het. GRAFIKA: Krieket Suid-Afrika
CRICKET SOUTH AFRICA Flexbrands Knights
 
 
 

Comments


bottom of page