OGGEND SPORT: Die Stormers maak veranderinge vir hul Pumas-wedstryd, die Proteas-afrigter sê Jansen is al ’n geruime tyd op sy radar en Paris behou die Superbeker-titel
- Saamgestel deur Jana Roos

- 13 hours ago
- 1 min read
Ons skop af met rugby: Die Stormers XXIII het vyf veranderinge aangebring vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas by Mbombela-stadion.
Vier veranderinge kom in die voorspelergroep, met Wandile Mlaba, Keke Morabe, Mhlei Khuzwayo en Herman Lubbe wat terugkeer na die beginspan. Die vleuel, Joel Leotlela, maak sy eerste verskyning van die seisoen nadat hy die beseerde, Suleiman Hartzenberg, vervang het.
Die afrigter, Tom Dawson-Squibb, sê die Stormers sal ‘n 80-minuut-vertoning nodig hê om ‘n waardevolle wegoorwinning te verseker.
In krieket-nuus: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê die veelsydige Duan Jansen is al ’n geruime tyd op sy radar.
Die 26-jarige Jansen is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat Namibië en Zimbabwe in ’n T20 Internasionale Drienasies-reeks in Windhoek sal pak. Hy sluit by sy tweelingbroer, Marco, in die span aan.
Duan het uitstekende vertonings vir die Joburg Super Kings in die SA20 gelewer en ’n kontrak met die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga verdien.
Ons sluit af met sokker-nuus: Paris Saint-Germain het die derde span ooit geword wat die UEFA-Superbeker twee keer agtereenvolgens wen, nadat hulle die Europaliga-kampioene, Aston Villa, met 2-1 in Salzburg geklop het.
Khvicha Kvaratskhelia het die telling na 20 minute geopen, na hy ’n kenmerkende skoot in die net gejaag het ná ’n aangee van Désiré Doué. Villa se 17-jarige tiener, Brian Madjo, wat die jongste speler ooit is om in ’n Superbeker-wedstryd te begin, het die doelpaal getref en die bal twee keer met die kop wyd gemik, voordat hy kort voor rustyd gelykgemaak het uit ’n voorset van John McGinn.








Comments