top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oliepryse daal skerp ná die heropening van die Straat van Hormuz

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Oliepryse het met meer as 11% gedaal nadat Iran die Straat van Hormuz weer vir kommersiële skeepsverkeer oopgestel het.


Volgens CNBC het Iran se minister van buitelandse sake aangekondig dat alle handelskepe weer deur die strategiese waterweg kan beweeg, mits hulle ’n voorafbepaalde roete volg.


Die aankondiging volg op ’n 10-dae skietstilstand tussen Israel en Libanon, ná weke van spanning en konflik waarin die seestraat grootliks gesluit was.


Intussen het die Ameriakaanse President Donald Trump Iran in 'n sosiale media-plasing bedank vir die opening van die seestraat. Maar Trump voeg by die Amerikaanse vlootblokkade van Iran se hawens sal van krag bly totdat 'n ooreenkoms met Teheran bereik word.


Ongeveer ’n vyfde van die wêreld se ru-olie beweeg normaalweg deur dié seestraat, wat die sleutelverbinding tussen die Persiese Golf en internasionale markte vorm.


Ter illustrasie. FOTO: CNBC
Ter illustrasie. FOTO: CNBC


 
 
 

Comments


bottom of page