Onderwysdepartemente skend glo kinders se basiese regte

Jun 19, 2025
1 min read
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sê al die provinsies behalwe die Vrystaat se onderwysdepartemente voer hul pligte met soveel nalatigheid en laksheid uit dat dit ‘n direkte skending van kinders se basiese regte is.
Gevolglik het Fedsas ‘n klag by die Menseregtekommissie ingedien.
Volgens Times Live verwys Fedsas se klag onder meer na vakante poste wat nie gevul word nie, swak bestuur van voeding- en leerdervervoerprogramme, al is geld hiervoor reeds aan provinsiale onderwysdepartemente oorbetaal.
Maroela Media berig voorts Fedsas sê hulle het reeds herhaalde pogings aangewend om provinsiale onderwysdepartemente se nie-nakoming van pligte uit te wys.








Comments