top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongeluk neem kinderlewens vanaf Bloemfontein-gemeenskap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 24, 2025
  • 1 min read

ʼn Ongeluk in Bloemfontein het gelei tot die dood van drie kinders, en ʼn vierde in ʼn kritieke toestand in die hospitaal laat beland. Dr. CF Visser in Estoire se skoolhoof, Riekie Venter, sê in ’n kennisgewing die leerlinge wat by Vrydag se ongeluk betrokke was – wat op die lughawe-pad, naby Aljo’s Spar gebeur het – is almal in haar skool. Twee seuns en ’n dogter is oorlede met nog ’n dogtertjie wat in ʼn kritieke toestand in die hospitaal is. Venter vra die gemeenskap om in hierdie tyd van hartseer saam te staan met die families en ouers wat geraak word. Sy benadruk dat die gemeenskap moet bid en die nodige ondersteuning bied, maar terselfdertyd die privaatheid en gevoelens van die families respekteer.

 
 
 

Comments


bottom of page