top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongunstige weerstoestande kan die laaste fase van die matriekeksamen ontwrig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
19 hours ago
1 min read

Die Departement van Basiese Onderwys doen ’n beroep op groter waaksaamheid, aangesien ongunstige weerstoestande die laaste fase van vanjaar se matriekeksamen kan ontwrig.


Die departement waarsku dat uiterste hitte, swaar reënval en donderstorms eksamenlokale en vervoerroetes in dele van die land kan raak.


Provinsiale onderwysdepartemente word versoek om met die Suid-Afrikaanse Weerdiens en rampbestuursowerhede saam te werk.


Die departement se Terence Khala sê ouers en voogde moet kandidate voorberei op die heersende weerstoestande. Hy raai kandidate aan om genoeg water te drink, gemaklike klere te dra wat aan die eksamenreëls voldoen, en onnodige blootstelling aan direkte sonlig te vermy.


LUISTER HIER:


Terence Khala

Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page