Operasies by die Universitas-hospitaal is weens diefstal uitgestel

Sep 11
1 min read
Geen beplande operasies kan tans in enige van die 12 teaters by Universitas-Akademiese Hospitaal in Bloemfontein uitgevoer word nie, nadat koper- en vakuumpype gesteel en beskadig is.
Volgens Bloemnuus Express sê die woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, alle groot operasies moes gekanselleer word en kleiner en noodoperasies is volgens gebeurlikheidsplanne hanteer.
Die vakuumpype word tydens operasies gebruik om bloed en ander vloeistowwe weg te voer.
Alle ander beplande prosedures is uitgestel totdat dié pype herstel is.
Die hospitaal het intussen ook toestemming gekry om sekuriteit te verhoog nadat die instelling ’n slagoffer van misdaad geword het.








Comments