top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oplossings word gevra nadat die SABC befondsing geweier is om dieverkiesing te dek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19
1 min read

Die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, het aan die Nasionale Tesourie sowel as die Presidensie geskryf om moontlike oplossings te ondersoek nadat die SABC se versoek om R120 miljoen om die plaaslike regeringsverkiesing te dek afgekeur is.


SABC News berig dit is glo omdat dit laat ingedien is en nie aan tegniese vereistes voldoen nie. Die SABC het ontken dat die aansoek laat ingedien is, en die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het die departement versoek om ’n tydlyn van die proses te verskaf.


Die komitee sê die befondsing is nodig sodat die SABC die verkiesingseisoen met voldoende omvang en diepte kan dek en kan verseker dat alle partye billike dekking kry in die aanloop tot die verkiesing op 4 November.


Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick
Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page