Optrede word geëis teen korrupte staatsamptenare

18 hours ago
1 min read
Die Portefeuljekomitee oor die Staatsdiens en Administrasie doen ’n beroep op strafregtelike vervolging en dissiplinêre optrede teen staatsamptenare wat ná leefstylaudits by korrupsie betrek is.
Die komitee het kommer uitgespreek oor amptenare wat sake met die staat doen.
Dit sluit 19 werknemers van die Departement van Openbare Werke in wat onder verdenking gekom het.
Die komitee wil hê departemente moet breedvoerige verslae voorlê oor ondersoeke, dissiplinêre uitslae en vervolgings.
Die komitee se voorsitter, Jan de Villiers, sê departemente moet wys dat wangedrag gevolge het om die publiek se vertroue te herstel.
LUISTER HIER:
Jan de Villiers










Comments