top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Orkney gaan vir oulaas nie snork nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10
1 min read

Orkney Snork Nie maak vir oulaas volgende maand 'n draai op televisie.


Ná byna vier dekades maak Willie Esterhuizen gereed om afskeid te neem van die geliefde Van Tonder-familie.


Nuus in Afrikaans berig die Van Tonder-familie keer terug vir 'n nuwe TV-fliek wat as ’n nostalgiese en finale groet aan die ikoniese familie beskryf word.


Orkney Snork Nie het in 1989 sy televisiedebuut gemaak en het een van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse komediereekse geword. Die reeks, wat deur Esterhuizen geskep is, het die wel en wee van die Van Tonder-familie in die myndorp Orkney gevolg.


Bekende karakters uit die oorspronklike reeks keer vir die nuwe produksie terug, waaronder Frank Opperman as Ouboet.


Zack du Plessis, Frank Opperman en Anrich Herbst. FOTO: Facebook
Zack du Plessis, Frank Opperman en Anrich Herbst. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page