top of page

Oupoot dwaal vir eers steeds alleen in die Knysna-woud

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 30
  • 1 min read

Die lot van die laaste oorblywende Knysna-olifant het opnuut openbare debat ontketen ná ʼn bewaringsgroep hul plan én finansiering vir die hervestiging van ʼn groep olifante in die Knysnabos teruggetrek het.


Oupoot, die laaste Knysna-olifant, dwaal nou al dekades lank stoksielalleen deur die digte bos. Olifante is hoogs sosiale diere, en Maroela Media berig die wildbewaringsgroep Herd Instinct het dus onlangs voorgestel dat ʼn klein trop olifante saam met Oupoost in die bos hervestig word.


Die woordvoerder van Herd Instinct, Jarrett Joubert, sê dié voorstel – en die beoogde R5 miljoen om die projek te finansier – is egter later teruggetrek nadat SANParke glo nie hul samewerking wou gee nie.


Wildbedryf Suid-Afrika se wetenskaplike raadgewer, Deon Furstenburg, sê die algemene aanname dat olifante “van nature” in die Knysnabos hoort, is histories verkeerd aangesien hulle deur mense daarheen verdryf is. Hy meen Herd Instinct se plan sal misluk en op wreedheid teenoor diere neerkom. Hy sê die Knysnabos is voedselarm, en daar is eenvoudig nie geskikte kos vir olifante om werklik te floreer nie.


Oupoot, die laaste Knysna-olifant. FOTO: Maroela Media
Oupoot, die laaste Knysna-olifant. FOTO: Maroela Media

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page