top of page

Skugter Knysna-olifant uiteindelik op kamera vasgevang

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 21
  • 1 min read

Die vermoedelik laaste oorlewende lid van die historiese en beroemde Knysna-olifantbevolking is onlangs weer in die Knysna-woud gewaar.

Maroela Media berig beeldmateriaal het soos ʼn veldbrand versprei en groot opwinding onder plaaslike inwoners, toeriste en natuurliefhebbers laat heers.

SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hoewel sy selde gesien word, is dié geheimsinnige olifant lank reeds op hul radar.

Sy word met nie-indringende kameras dopgehou, wat strategies geïnstalleer is sodat dit nie haar natuurlike gedrag beïnvloed nie. Hy sê hulle het agter gekom sy is baie sensitief vir menslike teenwoordigheid.

Wanneer sy agtervolg word, verander sy haar gedrag en sy beweeg vinniger, of verander van rigting om weg te kom. Dit is ʼn stresvolle situasie vir haar.

Sy het tot dusver oorleef omdat sy mense vermy. Louw sê die beste manier om haar te beskerm, is om haar alleen te laat.

 
 
 

Comments


bottom of page