top of page

Outa kritiseer Eskom vir sy dreigement oor ongeregistreerde sonkragstelsels

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 27
  • 1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) kritiseer Eskom en verskeie munisipaliteite wat dreig om elektrisiteit af te sluit van huishoudings wat nie hul sonkragstelsels registreer nie.


Outa sê huishoudings met sonkragstelsels moet nie gedwing word om by Eskom of munisipaliteite te registreer as hul installasies nie elektrisiteit terug in die netwerk voer nie.


Die organisasie sê die onlangse dreigemente van boetes en afsluitings is onprakties, irrasioneel en onregverdig, en skep verwarring en angs vir huiseienaars en installeerders.


Outa se uitvoerende direkteur vir verantwoordbaarheid, Stefanie Fick, hou vol dat voldoenende, veilige installasies met geldige Sertifikate van Nakoming nie onderhewig moet wees aan afdwinging nie.


FOTO: Britannica
FOTO: Britannica

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page