top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Outa vra dat brandstofpryse nie nou moet styg nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê die regering moet die verhoging in brandstofheffings volgende maand uitstel. Die organisasie is bekommerd oor ’n moontlik beduidende verhoging in brandstofpryse as gevolg van die styging in oliepryse weens die konflik in die Midde-Ooste.


Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verlede maand ’n verhoging van 9c vir die petrolheffing en ’n verhoging van 8c vir dieselheffing aangekondig. Outa sê die regering moet wag en sien wat met die oorlog gebeur voordat dit die heffingverhogings implementeer.


Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die publiek gerusgestel dat daar tans geen onmiddellike risiko van brandstoftekorte in Suid-Afrika is nie.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page