Die regering sê daar is geen onmiddellike risiko van brandstoftekorte in SA nie
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die publiek gerusgestel dat daar tans geen onmiddellike risiko van brandstoftekorte in Suid-Afrika is nie.
Dit kom terwyl die konflik tussen die Verenigde State, Israel en Iran voortduur.
Die departement sê dat hulle die konflik en die potensiële impak daarvan op globale oliemarkte en brandstofpryse noukeurig monitor.
Dit het ook bevestig dat hulle in voortdurende kontak met oliemaatskappye in die land is om ‘n stabiele en veilige brandstofvoorraad te verseker. Die departement se Lerato Ntsoko waarsku egter dat stygende globale ru-oliepryse vanaf volgende maand tot hoër brandstofpryse by die pomp kan lei.








Comments